Gaan na inhoud

Richard Addinsell

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Richard Stewart Addinsell
Gebore13 Januarie 1904
Sterf14 November 1977
GenresKlassiek
Beroep(e)Komponis

Richard Stewart Addinsell (13 Januarie 1904 - 14 November 1977)[1] was 'n Engelse komponis wat bekend is vir sy rolprentmusiek, en vernaam sy Warskou Concerto, wat gekomponeer is vir die 1941 rolprent Dangerous Moonlight (ook bekend onder die latere titel Suicide Squadron).

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Richard Addinsell is in Woburn Square, London gebore as die kind van William Arthur Addinsell, wat 'n geoktrooieerde rekenmeester was, en sy vrou, Annie Beatrice Richards.[2] Addinsell was die jonger van twee broers, en het sy opvoeding by die huis ontvang, voordat hy Hertford Kollege, Oxford, bygewoon het ten einde in die Regte te studeer. Dit sou egter van korte duur wees, en sy studies sou na 18 maande eindig. Hy het daarna begin belangstel in musiek.[3]

Vroeë loopbaan

[wysig | wysig bron]

In 1925 het Addinsell ingeskryf by die Koninklike Instituut van Musiek , dit sou egter slegs twee kwartale duur voordat Addinsell weereens opgeskop het sonder om enige formele kwalifikasie te bekom.[2] Teen hierdie tyd was Addinsell egter reeds besig om onder andere saam met Noel Gay in 'n André Charlot Revue te werk.[3] Nadat hy nog werk vir Charlot in 1927 sou doen, is dit in 1928 opgevolg deur samewerking met Clemence Dane op Adam's Opera by The Old Vic.[2] In 1929 het hy sy informele opvoeding beëindig om deur Europa te toer en al die belangrikste toneel- en musieksentrums te besoek soos Berlyn en Wene.[3]

Hy het in 1932 saam met Clemence Dane die insidentele musiek vir die Broadway aanpassing van Alice in Wonderland (deur Eva Le Gallienne), geskryf, waarin Josephine Hutchinson gespeel het (geproduseer in 1933). In 1947 is die stuk herleef met Bambi Linn as een van die spelers.

Loopbaan in rolprentkomposisie

[wysig | wysig bron]

Die Warskou Concerto was geskryf vir die 1941 rolprent Dangerous Moonlight, en bly tot vandag toe nog 'n gewilde konsert en opnamestuk. Die filmregisseurs wou iets in die styl van Sergei Rachmaninoff gehad het, maar dit was nie vir hul moontlik om vir Rachmaninoff self te oortuig om 'n stuk te skryf nie. Roy Douglas was verantwoordelik vir die orkestrasie van die concerto.

Dit is al oor die eenhonderd kere opgeneem, en meer as driemiljoen kopieë daarvan is al verkoop.

Addinsell het ook die kort orkestrale stuk, Southern Rhapsody geskryf, wat elke oggend vanaf 1958 tot 1981 aan die begin van TV uitsendings gespeel is in die suide van Engeland deur die voormalige Southern Television maatskappy.

Soos gebruiklik was met rolprentmusiek tot omtrent die 1950's, was baie van Addinsell se bladmusiek deur die ateljees vernietig, aangesien dit aangeneem was dat daar nie verdere belangstelling daarin sou wees nie. Verskeie opnames van Addinsell se rolprentmusiek is egter sedert sy dood vrygestel, welke dikwels van die klankbane van die rolprente gerekonstrueer is deur die musikoloog en komponis Philip Lane (komponis)) en gedirigeer is deur Kenneth Alwyn[4][5][6] of Rumon Gamba.[3]

Latere loopbaan

[wysig | wysig bron]

Addinsell het vanaf 1942 saamgewerk met Joyce Grenfell vir haar West End revues (insluitende Tuppence Coloured, Penny Plain) en ook haar enkelrol vertonings. Hy het ook musiek geskryf vir die West End musikale revues van Laurier Lister, insluitende Airs on a Shoestring. Addinsell se musiek is getooi in die styl van Engelse ligte musiek.[7] Hy het gereeld gekomponeer by die klavier, en sodoende ander kreatiewe kunstenaars soos Roy Douglas, Leonard Isaacs of Douglas Gamley van breë aanwysings voorsien vir hul eie volle orkestrasies.[3]

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

Addinsell het in die 1960's uit die publieke oog verdwyn, en geleidelik vervreem geraak van sy beste vriende. Hy was vir baie jare die metgesel van die modeontwerper Victor Stiebel, wat in 1976 dood is.

Addinsell het in 1977 op die ouderdom van 73 in Brighton beswyk. Sy verassing het op 18 November 1977 by die Golders Green Krematoria plaasgevind.[8]

Dit was in 1999 bekendgemaak dat die tantieme vir Warskou Concerto behoort het aan die ouers van die skryweres Jilly Cooper, wie se broer die teorie versprei het dat Addinsell – vir baie jare hul buurman – dit aan hulle gegee het as beloning daarvoor dat hulle diskreet was oor sy verhouding met Stiebel.[9]

Rolprentkrediete

[wysig | wysig bron]

Note: Die bron vir die televisie en rolprent verskynings is die Britse Rolprentinstituut.[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Randel, Don Michael, ed. (1996). "Addinsell, Richard (Stewart)". The Harvard biographical dictionary of music. Cambridge, Massachusetts: Belknap Press of Harvard Univ. Press. p. 5. ISBN 0-674-37299-9. {{cite book}}: |first= has generic name (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. 2,0 2,1 2,2 Lamb, Andrew (2004). 'Addinsell, Richard Stewart (1904–1977)'. Oxford Dictionary of National Biography, Oxford University Press. Opgespoor op 13 September 2011.Sjabloon:Subscription
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 Lane, Philip (2003). 'The film music of Richard Addinsell' (pdf). Chandos Records. Opgespoor 12 September 2011.
  4. Lane, Philip (1999). 'Richard Addinsell: film music'. ASV Records [sleevenotes to CD reviewed by Lace, Ian (1999) on MusicWeb International. Retrieved 12 September 2011.
  5. 'Richard Addinsell: Goodbye Mr Chips / A Tale of Two Cities' Geargiveer 18 November 2018 op Wayback Machine, recording released on Marco Polo Records (1994). Retrieved 12 September 2011.
  6. 'Music of Richard Addinsell including Warsaw Concerto'. ASV Records [CD reviewed by Seeley, Robert (1997) in Gramophone, September 1997, pp 121–122. Retrieved 13 September 2011.
  7. Lamb, Andrew (2002). 'British light music: sound good, feel good', Gramophone November 2002, blye.34–38. Opgespoor 13 September 2011.
  8. Wilson, Scott. Resting Places: The Burial Sites of More Than 14,000 Famous Persons, 3d ed.: 2 (Kindle Locations 508-509). McFarland & Company, Inc., Publishers. Kindle Edition.
  9. Daily Mail, June 1 1999[dooie skakel]
  10. "Addinsell, Richard" Geargiveer 24 Oktober 2012 op Wayback Machine, British Film Institute, besoek 11 Februarie 2012

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]