Gaan na inhoud

Muskiet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Culicidae
'n Wyfiemuskiet (Culiseta longiareolata)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Infraorde:
Superfamilie:
Familie:
Culicidae

Meigen, 1818 [1]
Subfamilies

Anophelinae
Culicinae

Diversiteit
112 genera

Muskiete, die Culicidae, is 'n familie van klein vlieë wat uit 3 600 spesies bestaan. Die woord muskiet (gevorm deur mosca en verkleining -ito) is Spaans en Portugees vir klein vlieg. Muskiete het 'n skraal gesegmenteerde liggaam, een paar vlerke, drie pare lang haaragtige bene, en gespesialiseerde, hoogs verlengde, deurdringende suigende monddele.

Alle muskiete drink nektar van blomme; wyfies van sommige spesies het boonop aangepas om bloed te drink. Evolusionêre bioloë beskou muskiete as mikroroofdiere, klein diere wat groteres parasiteer deur hul bloed te drink sonder om hulle dadelik dood te maak. Mediese parasitoloë beskou muskiete eerder as vektore van siektes, deurdat hulle protosoë parasiete of bakteriële of virale patogene van een gasheer na 'n ander dra.[2][3]

Die muskietlewensiklus bestaan uit vier stadiums: eier, larwe, papie en volwassene. Eiers word op 'n wateroppervlak gelê; hulle broei uit tot beweeglike larwes wat op wateralge en organiese materiaal voed. Hierdie larwes is belangrike voedselbronne vir baie varswaterdiere, soos naaldekokers, baie visse en sommige voëls. Volwasse wyfies van baie spesies het monddele wat aangepas is om die vel van 'n gasheer deur te steek en te voed op bloed van 'n wye reeks gewerwelde gashere, en sommige ongewerwelde diere, hoofsaaklik ander geleedpotiges. Sommige spesies produseer slegs eiers na 'n bloedmaaltyd.[4][5]

Die muskiet se speeksel word tydens die byt na die gasheer oorgedra, en kan 'n jeukerige uitslag veroorsaak. Daarbenewens kan bloedvoedende spesies patogene inneem terwyl hulle byt, en dit na ander gashere oordra. Daardie spesies sluit vektore van parasitiese siektes soos malaria en filariasis in, en arbovirale siektes soos geelkoors en dengue-koors. Deur siektes oor te dra, veroorsaak muskiete die dood van meer as 725 000 mense elke jaar.

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Muskiete is 'n familie van muggies (suborde Nematocera) wat tot die orde van tweevlerkiges (Diptera) behoort. Die wyfies suig bloed met hul monddele, hulle het nie 'n angel nie en behoort streng gesproke eerder bytmuggies genoem te word.

Daar is duisende bytende spesies. Die wyfies benodig die bloed vir die ontwikkeling van hul eiers. Die meeste van die spesies is snags bedrywig. Die berugste spesie is die malariamuskiet. Die Asiatiese tiermuskiet (Stegomyia albopicta) is ook gevaarlik omdat hulle ernstige siektes versprei, insluitende Wes-Nylsiekte, Japannese enkefalitis en geelkoors. Hierdie muggies lewe 40 tot 50 dae en lê verskeie kere gedurende hul lewe eiertjies.

Muskiete maak 'n zoemgeluid wat gehoor kan word soos die hul nader kom. Dit het deels te maak met hul voortplanting. Hulle lewe in die donker en kan mekaar nie maklik sien nie. Muskiete gebruik daarom klank om mekaar in die donker te vind. Slegs die (bytende) wyfies maak zoemgeluide, wat deur die geveerde antennas van die mannetjies opgevang word. Elke soort produseer 'n effense ander klank, sodat mannetjies nie met wyfies van 'n ander spesie paar nie.

Muskiete kom oor die hele wêreld, met uitsondering van die heel koudste gebiede voor (soos om die pole). Die verspreidingsgebied van baie spesies word as gevolg van die verwarming van die Aarde al hoe groter. Hulle is wêreldwyd vir die dood van een uit elke 17 mense verantwoordelik. Jaarliks word ongeveer 700 miljoen mense met siektes wat deur muskiete versprei word besmet.

Muskiete gebruik sig, maar is hoofsaaklik op geure en temperatuurverskille aangewese om hul gashere op te spoor. Die meeste muskiete (soos die Culex pipiens) byt soogdiere en voëls, wat eers visueel opgespoor word.

Muskiete is aangepas om stowwe wat deur diere uitgeskei word waar te neem. Na raming word sowat 300 tot 400 verskillende stowwe deur menslike sweet uitgeskei, en sowat 100 verskillende stowwe deur uitaseming.[6]

Beskrywing en lewensiklus

[wysig | wysig bron]

Soos alle vlieë, gaan muskiete deur vier stadiums in hul lewensiklusse: eier, larwe, papie en volwassene. Die eerste drie stadiums—eier, larwe en papie— is grootliks akwaties; die eiers word gewoonlik in stilstaande water gelê. Hulle broei uit om larwes te word, wat voed, groei en vervel totdat hulle in papies verander. Die volwasse muskiet kom uit die volwasse papie soos dit op die wateroppervlak dryf. Muskiete het 'n volwasse lewensduur wat wissel van so kort as 'n week tot ongeveer 'n maand. Sommige spesies oorwinter as volwassenes in diapouse.

Volwasse

[wysig | wysig bron]

Muskiete het een paar vlerke, met duidelike skubbe op die oppervlak. Hulle vlerke is lank en smal, terwyl die bene lank en dun is. Die liggaam, gewoonlik grys of swart, is skraal, en tipies 3–6 mm lank. Anopheles muskiete kan vir tot vier uur aaneenlopend vlieg teen 1 tot 2 km/h, en tot 12 kilometer reis in 'n nag. Mannetjies klop hul vlerke tussen 450 en 600 keer per sekonde, indirek aangedryf deur spiere wat die toraks vibreer. Muskiete is hoofsaaklik klein vlieë; die grootste is in die genus Toxorhynchites, teen tot 18 mm in lengte en 24 mm in vlerkspan. Dié in die genus Aedes is baie kleiner, met 'n vlerkspan van 2,8 tot 4,4 mm.[7][8][9][10]

Muskiete kan in warm weer van die eierstadium tot volwassene in so min as vyf dae ontwikkel, maar dit kan ook tot 'n maand duur. Teen dagbreek of skemer, binne dae na na die papie stadium, kom mannetjies in swerms bymekaar, en paar wanneer wyfies invlieg. Die wyfiemuskiet paar net een keer in haar leeftyd, aangetrek deur die feromone wat deur die mannetjie uitgeskei word. By spesies wat bloed benodig vir die eiers om te ontwikkel, vind die wyfie 'n gasheer en drink 'n vol maaltyd bloed. Sy rus dan vir twee of drie dae om die maaltyd te verteer en haar eiers te laat ontwikkel. Sy is dan gereed om die eiers te lê en die siklus van voeding en lê te herhaal. Wyfiemuskiete kan tot drie weke in die natuur leef, afhangende van temperatuur, humiditeit, hul vermoë om 'n bloedmaaltyd te verkry, en vermy om deur hul gewerwelde gashere doodgemaak te word.[11][12]

Eiers

[wysig | wysig bron]

Die eiers van die meeste muskiete word in stilstaande water gelê, wat 'n dam, 'n moeras, 'n tydelike plas, 'n watergevulde gat in 'n boom of die watervangende blaaroksels van 'n bromelia kan wees. Sommige lê naby die waterkant terwyl ander hul eiers aan waterplante heg. n Paar, soos Opifex fuscus, kan in soutmoerasse broei. Wyeomyia smithii broei in die kruike van kruikplante, en sy larwes voed op verrottende insekte wat daar verdrink het.

Oviposisie, of eierlê, verskil tussen spesies. Anopheles-wyfies vlieg oor die water, raak daaraan of dobber daaroor om eiers een op 'n slag op die oppervlak te plaas; hul eiers is min of meer sigaarvormig en het klein vlotte langs hul kante. 'n Wyfie kan 100–200 eiers in haar leeftyd lê. Aedes wyfies laat val hul eiers, op klam modder of ander oppervlaktes naby water; hulle eiers broei slegs uit wanneer hulle oorstroom word met water. Wyfies in genera soos Culex, Culiseta en Uranotaenia lê hul eiers in drywende vlotte. Mansonia-wyfies lê daarenteen hul eiers in 'n orde, gewoonlik geheg aan die onderoppervlaktes van waterlelies.

Die eiers van die meeste muskietspesies broei gelyktydig uit, maar Aedes-eiers in diapouse broei oor 'n lang tydperk onreëlmatig uit.[13][14][15]

Larwe

[wysig | wysig bron]

Die muskietlarwe se kop het prominente mondborsels wat gebruik word vir voeding, 'n groot toraks sonder bene en 'n gesegmenteerde buik. Dit haal asem deur 'n sifon op sy buik, so moet gereeld na die oppervlak kom. Dit spandeer die meeste van sy tyd om op alge, bakterieë en ander mikrobes in die water se oppervlaklaag te voed. Dit duik onder die oppervlak wanneer dit versteur word. Dit swem óf deur homself met sy mondborsels aan te dryf, óf deur sy lyf rukkend te wikkel. Dit ontwikkel deur verskeie stadiums, wat elke keer vervel, waarna dit in 'n papie metamorfoseer. Aedes larwes, behalwe wanneer baie jonk, kan droog word; hulle gaan vir 'n paar maande in diapouse as hul dam uitdroog.

Papie

[wysig | wysig bron]

Die kop en borskas van die papie word saamgevoeg in 'n kefalborskas, met die buik wat daaronder omkrul. Die papie kan aktief swem deur sy buik om te draai. Soos die larwe, moet die papie van die meeste spesies gereeld na die oppervlak kom om asem te haal, wat hulle deur 'n paar respiratoriese trompette op hul kefalborskaste doen. Hulle voed nie; hulle spandeer baie van hul tyd en hang aan die oppervlak van die water deur hul respiratoriese trompette. As hulle verontrus word, swem hulle afwaarts deur hul buik op baie dieselfde manier as die larwes om te draai. As hulle ongestoord is, dryf hulle gou weer op. Die volwassene kom uit die papie op die oppervlak van die water en vlieg weg.[16][17]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Harbach, Ralph (2 November 2008). "Family Culicidae Meigen, 1818". Mosquito Taxonomic Inventory (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2019. Besoek op 21 Januarie 2015.
  2. "mosquito". Real Academia Española. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2016. Besoek op 24 Julie 2016.
  3. Brown, Lesley (1993). The New Shorter Oxford English Dictionary on Historical Principles. Oxford, England: Clarendon. ISBN 978-0-19-861271-1.
  4. "FAQs". American Mosquito Control Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. {{cite web}}: Text "AMCA" ignored (hulp)
  5. Kosova, Jonida (2003) "Longevity Studies of Sindbis Virus Infected Aedes Albopictus" Geargiveer 25 April 2012 op Wayback Machine. All Volumes (2001–2008). Paper 94.
  6. (en) Mosquitoes and Mosquito Repellents: A Clinician's Guide Geargiveer 6 Maart 2009 op Wayback Machine
  7. "Midges". MDC Discover Nature. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 19 November 2019.
  8. Kaufmann, C.; Briegel, H. (Junie 2004). "Flight performance of the malaria vectors Anopheles gambiae and Anopheles atroparvus" (PDF). Journal of Vector Ecology. 29 (1): 140–153. PMID 15266751. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 Julie 2011.
  9. Leung, Diana (2000). Elert, Glenn (red.). "Frequency of mosquito wings". The Physics Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2022. Besoek op 24 Januarie 2022.
  10. Smith, David S. (1965). "Flight muscles of insects". Scientific American. 212 (6): 76–88. Bibcode:1965SciAm.212f..76S. doi:10.1038/scientificamerican0665-76. PMID 14327957.
  11. Cook, G.C.; Zumla, A (2009). Manson's Tropical Diseases (22 uitg.). Saunders Elsevier. p. 1735. ISBN 978-1-4160-4470-3.
  12. "African malaria mosquito". University of Florida. Besoek op 11 Februarie 2024.
  13. Crans, Wayne J.; Wyeomyia smithii (Coquillett) Geargiveer 5 Junie 2013 op Wayback Machine. Rutgers University, Center for Vector Biology.
  14. "Anopheles Mosquitoes". Centers for Disease Control and Prevention. 16 Julie 2020. Besoek op 13 Desember 2023.
  15. Gullan, P. J.; Cranston, P. S. (2014). The Insects: An Outline of Entomology (5th uitg.). Oxford: Wiley Blackwell. p. 280. ISBN 978-1-118-84616-2.
  16. Spielman, Andrew; D'Antonio, M. (2001). "Part One: Magnificent Enemy". Mosquito: a natural history of our most persistent and deadly foe. New York: Hyperion. ISBN 978-0-7868-6781-3.
  17. Amorim, J. A.; Sa, I. L. R.; Rojas, M. V. R.; Santos Neto, N. F.; Galardo, A. K. R.; et al. (16 Maart 2022). "Aquatic Macrophytes Hosting Immature Mansonia (Mansonia) Blanchard, 1901 (Diptera, Culicidae) in Porto Velho, Rondonia State, Brazil". Journal of Medical Entomology. 59 (2): 631–637. doi:10.1093/jme/tjab223. PMID 35043213.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]