Gaan na inhoud

Maya Angelou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Maya Angelou
Angelou op 4 Februarie, 2013
Gebore
Marguerite Annie Johnson

4 April 1928
Sterf28 Mei 2014 (op 86)
NasionaliteitVerenigde State van Amerika
BeroepSkrywer, digter, burgerregte-aktivis
EggenootTosh Angelos (trou 1951; skei 1954) Paul du Feu (trou 1974; skei 1983)
KindersGuy Johnson
Handtekening

Marguerite Annie Johnson (beter bekend as Maya Angelou; 4 April 1928, St. Louis, Missouri – 28 Mei 2014, Winston-Salem, Noord-Carolina) was 'n Amerikaanse memoireskrywer, digter en burgerregte-aktivis. Sy het sewe outobiografieë en verskeie essayboeke en poësieboeke gepubliseer. Sy word gekrediteer met 'n lys toneelstukke, flieks en televisieprogramme wat oor 'n tydperk van 50 jaar strek. Sy het tientalle toekennings en meer as 50 eregrade ontvang.[1]

Angelou se reeks van sewe outobiografieë fokus op haar kinderjare en vroeë volwasse ervarings. Sy het groot lof en internasionale erkenning vir haar eerste boek, haar outobiografie "I Know Why the Caged Bird Sings" (1969), ontvang wat oor haar lewe tot en met die ouderdom van 17 jaar handel. Sy was een van die eerste swart Amerikaanse vroue om 'n topverkoper te skryf.

Loopbaan

[wysig | wysig bron]

Sy het 'n digter en skrywer ná 'n reeks los werkies gedurende haar jong volwasse lewe geword. Dit het ingesluit: braaikok, sekswerker, nagklubdanseres, Porgy en Bess-toneelspeler, Southern Christian Leadership Conference-koördineerder en 'n korrespondent in Egipte en Ghana tydens die dekolonisering van Afrika wees. Angelou was ook 'n aktrise, skrywer, regisseur en vervaardiger van toneelstukke, flieks en openbare televisieprogramme. In 1982 is sy aangewys as die eerste Reynolds-professor in Amerikaanse studies aan die Wake Forest Universiteit in Winston-Salem, Noord-Carolina. Angelou was aktief in die Burgerregtebeweging en het saam met Martin Luther King Jr. en Malcolm X gewerk. Vanaf die 1990's het sy ongeveer 80 verskynings per jaar op die lesingsrooster gemaak, iets wat sy in haar tagtigerjare voortgesit het. In 1993 is sy gekies om as digter by Bill Clinton se inhuldiging op te tree. Sy het 'n oorspronklike komposisie genaamd "On the Pulse of Morning" vir die geleentheid geskryf.[2] Dit het haar die eerste digter, sedert Robert Frost by die inhuldiging van John F. Kennedy in 1961, gemaak wat gevra is om 'n inhuldigingsvoordrag te maak.

Met die publikasie van "I Know Why the Caged Bird Sings", het Angelou aspekte van haar persoonlike lewe vir die publiek openbaar. Sy was gerespekteer as 'n woordvoerder vir swart mense en vroue, en haar werke word beskou as 'n verdediging van swart kultuur. Haar werke word in skole en universiteite wêreldwyd gebruik, hoewel pogings aangewend is om haar boeke uit sommige Amerikaanse biblioteke te verban. Angelou se mees gevierde werke is as outobiografiese fiksie bestempel, maar baie kritici beskou dit as outobiografieë. Sy het 'n doelbewuste poging aangewend om die gewone struktuur van die outobiografie uit te daag deur die genre te kritiseer, te verander en uit te brei. Haar boeke fokus op temas wat rassisme, identiteit, familie en reis insluit.

Werke

[wysig | wysig bron]

Angelou het 'n somtotaal van sewe outobiografieë geskryf. Volgens die skolier Mary Jane Lupton, het Angelou se derde outobiografie, "Singin' and Swingin' and Gettin' Merry Like Christmas", die eerste keer in die geskiedenis gemerk wat 'n welbekende Afro-Amerikaanse outobiograaf 'n derde volume oor haar lewe gepubliseer het.[3] Angelou se boeke fokus op 'n wye verskeidenheid temas: onder andere rassisme, identiteit, familie en reis en milieu insluit.[4] In haar vyfde outobiografie, "All God's Children Need Traveling Shoes" (1986), vertel Angelou byvoorbeeld van haar terugkeer na Ghana, op soek na haar voorvaderstam se verlede.[5] Sy het haar sewende outobiografie, "Mom & Me & Mom", in 2013 op die ouderdom van 85 gepubliseer.[6] Omdat Angelou soveel lof vir haar debuutoutobiografie ontvang het, was kritici geneig om haar daaropvolgende outobiografieë aan die hand van die eerste een te beoordeel.[7] Angelou het vyf versamelings essays geskryf wat skrywer Hilton Als as "wysheidsgeskrifte" en "homilies saam met outobiografiese tekste geweef" beskryf het.<ref= Als, Hilton (August 5, 2002). "Songbird: Maya Angelou takes another look at herself". The New Yorker. Archived from the original on July 7, 2014. Retrieved December 18, 2013. /> Angelou het dieselfde redakteur, Robert Loomis, 'n voormalige uitvoerende redakteur by Random House, regdeur haar skryfloopbaan gebruik en Loomis is al as een van die uitgewersindustrie se "hall of fame"-redakteurs as gevolg van hul samewerking, beskryf."[8]

Haar boek, "Just give me a cool drink of water 'fore I die" is vir die Pulitzerprys genomineer en haar oudioboek, "A song flung up to heaven" het in 2003 'n Grammy-prys losgestaan. Oor haar lewe het sy dosyne toekennings en meer as dertig ere doktorsgrade ontvang. Sy word ook vir 'n hele paar toneelstukke, films, en TV-programme gekrediteer. In 1981 is sy as hoogleraar in Amerikanistiek in Winston-Salem aangestel. Op 28 Mei 2014 is sy op 86-jarige ouderdom in Winston-Salem, Noord-Carolina oorlede.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]

Van haar boeke:

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Stanley, Alessandra (May 17, 1992). "Whose Honor Is It, Anyway". The New York Times. Archived from the original on December 5, 2014. Retrieved November 23, 2014.
  2. Maya Angelou sterf, Maroela Media, 28 Mei 2014
  3. Lupton, p. 98.
  4. Lupton, p. 1.
  5. Norwich, John Julius (1990). Oxford Illustrated Encyclopedia Of The Arts. US: Oxford University Press. pp. 16-17. ISBN 978-0198691372.
  6. Gilmor, Susan (7 April 2013). "Angelou: Writing about Mom emotional process". The Winston-Salem Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2018. Besoek op 14 April 2013.
  7. "Maya Angelou". Poetry Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2016. Besoek op 20 Desember 2013.
  8. Martin, Arnold (12 April 2001). "Making Books; Familiarity Breeds Content". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2009. Besoek op 20 Desember 2013.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]