Gaan na inhoud

Adriatiese See

Koördinate: 43°N 15°O / 43°N 15°O / 43; 15
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Adriatiese See

Nasa-Satellietbeeld van die Adriatiese See

Kaart van die Adriatiese See
Koördinate:43°N 15°O / 43°N 15°O / 43; 15
Ligging:Italië, Kroasië, Albanië, Montenegro, Bosnië en Herzegowina, Slowenië
Soort:See van die Middellandse See
Oppervlakte:183 600 km² (53 500 myl²)
Gemiddelde diepte:252,5 m (828 vt)
Maksimum diepte:1 233 m (4 045 vt)
Volume:35 000 km³
Lengte:800 km (500 myl)
Breedte:200 km (120 myl)
Opvangsgebied:235 000 km² (91 000 myl²)
Omtrek:3 739,1 km (2 323,4 myl)
Invloei:Adige, Bojana, Drin, Krka, Neretva, Po, Soča
Uitvloei:Ioniese See
Eiland/e:1 300+
Nedersettings:Bari, Venesië, Triëst, Split, Pescara, Rimini, Rijeka, Durrës, Ancona, Zadar, Vlorë, Brindisi, Dubrovnik

Die Adriatiese See (Latyns: Mare Adriaticum, Italiaans: Mare Adriatico, Kroaties: Jadransko more of kort Jadran, Serwies: Јадранско море/Јадран, Sloweens: Jadransko morje, Albanees: Deti Adriatikis) is 'n waterskeiding tussen die Italiaanse Skiereiland en die Balkan-skiereiland, en tussen die Apennyne-bergreeks in Italië en die Dinariese Alpe en aangrensende bergreekse. Die Adriatiese See is die mees noordelike arm van die Middellandse See, wat van die Straat van Otranto in die suide strek (waar dit aansluit by die Ioniese See) tot in die noordweste by die Po-vallei.

Kuslande

[wysig | wysig bron]

Die lande wat aan die Adriatiese See grens is Italië, Kroasië, Albanië, Montenegro, Bosnië en Herzegowina en Slowenië. Die Adriatiese See bevat meer as 1 300 eilande, meestal geleë langs die oostelike, Kroatiese kus.

Geografie en klimaat

[wysig | wysig bron]

Die see word verdeel in drie komme, die noordelike synde die vlakste en die suidelike die diepste, met 'n maksimumdiepte van 1 233 meter (4 045 voet). Die Otranto-bank, 'n onderwaterrif, is geleë op die grens tussen die Adriatiese en die Ioniese See.

Die heersende strome vloei antikloksgewys van die Straat van Otranto, langs die oostelike kus op en terug na die seestraat langs die westelike (Italiaanse) kus. Getybewegings in die Adriatiese See is gering, hoewel groter deinings bekend is en soms ook voorkom.

Die Adriatiese See se soutgehalte is laer as dié van die Middellandse See, omdat die Adriatiese See 'n derde van die vars water wat in die Middellandse See beland, versamel. Die oppervlakwatertemperatuur wissel van 24°C (75°F) in die somer tot 12°C (54°F) in die winter, wat die Adriatiese Bekken se klimaat aansienlik afkoel.

Adriatiese eilande op Kroasië se kuslyn
Adriatiese eilande op Kroasië se kuslyn

Seevervoer

[wysig | wysig bron]

Daar is negentien Adriatiese seehawens (in vier verskillende lande) wat elk meer as 'n miljoen ton vrag per jaar hanteer. Die grootste vraghawens onder hulle is die Hawe van Triëst (die grootste Adriatiese vraghawe in Italië), die hawe van Venesië, die hawe van Ravenna, die hawe van Koper (die grootste Sloweense hawe), die hawe van Rijeka (die grootste Kroatiese vraghawe), en die hawe van Brindisi.[1]

Sommige kusstede en hawens aan die Adriatiese See

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Transport" (PDF) (in Engels). Statistiekkantoor van die Republiek van Slowenië. 2011. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2013. Besoek op 9 Januarie 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.