Gaan na inhoud

CSS

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
CSS-logo

CSS (Engelse afkorting vir Cascading Style Sheets) is 'n maklike manier om die voorkoms van HTML- en XHTML-webblaaie te verander. CSS is deur die W3C ontwerp, en word deur die meeste moderne webblaaiers ondersteun. Die huidige weergawe van CSS is CSS2. Daar word tans aan CSS weergawe 3 gewerk. Dit sal nuwe eienskappe soos border-radius insluit.

Een van die voordele van CSS is dat webblaaie vertoon en verstaan kan word, selfs al is die CSS-kode stukkend of nie meer beskikbaar nie.

CSS-kode word gewoonlik in lêers met 'n .css uitbreiding gestoor.

Voorbeeld

Om al die paragrawe op 'n bladsy blou en 20% groter as normale teks te maak, kan die volgende CSS-kode toegepas word:

p {
  color: blue;
  font-size: 120%;
}

Eksterne skakels